Call us on 021 424 7004 or E-mail us directly on admin@law2ticks.co.za
Our website also has an English Version

Skikking

Kontak Ons

Egskeidings, vervreemdings en beeindiging van saamblyverhoudings, het die geneigdheid om onnodiglik duur en uitgerek te raak as die partye dit nie regkry om so spoedig moontlik 'n skikking te bereik nie. Ons help partye wat hulle in sulke situasies bevind, om struikelblokke in die pad van skikking, te identifiseer. Gewoonlik is dit dieselfde kenmerkende knelpunte, wat in verskillende situasies opduik, byvoorbeeld onderhoudsbydraes, verdeling van bates, gebruik van die gemeenskaplike woning, ensovoorts. Soms noodsaak fundamentele beginselbesluite, soos byvoorbeeld een party se botweg weiering om enigsins tot onderhoud by te dra, dat 'n meer omslagtige onderhandelingsproses aangevoor word.

Afhangend van ons aanvanklike opsomming van die partye se unieke situasie, sal ons onmiddellik met onderhandeling begin of wanner die situasie dit regverdig mag ons die partye dalk vir mediasie verwys totdat die situasie sodanig genormaliseer het dat skikkingsonderhandelings hervat kan word. Onderhandeling duur voort totdat die partye gereed is om 'n finale skikkingsooreenkoms aan te gaan. Indien nodig, kan die finale ooreenkoms dan 'n bevel van die hof gemaak word.


Notarial & Legal Services