Huwelikskontrak
Doen Aansoekn Huwelikskontrak (of Huweliksvoorwaarde Kontrak, HVK of Voorhuwelikse Kontrak) reel die huweliksbedeling tussen gades. Die doel is om die gemeenskap van goedere en van wins en verlies uit te sluit. Dit bepaal ook of die aanwasbedeling in-of uitgesluit moet word. Die partye mag enige bepaling in 'n HVK insluit, mits dit nie teen die natuur, moraliteit of algemene sedes indruis of deur wetgewing verbied word nie. Daar mag ook nie 'n botsing wees met die belangrikste gevolge van 'n huwelik nie of bereken word om op 'n skeiding van die partye of egskeiding uit te loop of om die magte van die howe in te perk nie.
'n HVK moet voor 'n notaris verly word voordat die partye in die huwelik tree. Die partye mag 'n ander persoon by wyse van 'n volmag aanstel , om te verskyn voor 'n notaris en om die HVK namens hulle te teken. Die regsgevolge van 'n huwelik word beheers deur die wette van die land waar die man gedomisilieerd is ten tyde van die huweliksluiting.
HVKs wat in die RSA aangegaan word, moet binne 3 maande vanaf verlyding in 'n aktekantoor geregistreer word en binne 6 maande indien dit in die buiteland verly is.