Apostille
Versoek KwotasieDie proses om 'n apostille te bekom is redelik uiteenlopend vir veskillende klasse dokumente. Daarom beveel ons aan dat ons eers direk per telefoon of e-pos gekontak word, alternatiewelik kan u op die "Versoek Kwotasie" ikoon hierbo klik om die proses te begin. Onlangse wysigings noodsaak dat sekere apostille slegs deur DIRCO in Pretoria uitgereik kan word. Onder hierdie groep dokumente tel Polisieklarings, Huweliksertifikate, Geboortesertifikate asook grade en diplomas wat eers deur die Departement van Onderwys geverifieer moet word. Ons beskik oor die nodige infrastruktuur vir 'n seepgladde koerierdiens tussen Kaapstad en Pretoria wanneer nodig.
Ons waarmerk ook dokumente soos bepaal in reel 63(1) van die Hooggeregshofreels. Die egtheid van 'n persoon se handtekening kan op hierdie manier deur ons bevestig word. Verskillende reels geld vir dokumente wat in SA geteken is en bestem word vir buitelandse gebruik en vir buitelandse dokumente wat in die RSA gebruik gaan word.