Samewonings-ooreenkoms
Doen AansoekSaamblykontrakte verleen sekerheid en struktuur aan saamwoon-verhoudings. Dit kan vergelyk word met huwelikskontrakte (sonder die huwelik natuurlik) en is daarop gemik om partye wat saambly, se belange te reel en te beskerm. Eiendomsregte, vastelling van die partye se onderskeie bates en laste, verdeling van bates, onderhoudsverpligtinge, beleggings, benaming van kinders, toesig oor kinders en die moontlikheid van verbrokkeling van die verhouding (en wat daarna moet gebeur), is tipiese sake waaraan partye wat saambly, aandag behoort te skenk.
Die aangeleentheid van 'n party se reg om onderhoud te eis van die boedel van sy/haar oorlede vennoot, het die afgelope tyd gereeld voor ons howe ter sprake gekom. Die huidige posisie dui daarop dat dit in die afwesigheid van 'n bindende ooreenkoms tussen die partye met die uitdruklike bedoeling van die partye om daaraan gebonde te wees, bykans onmoontlik sal wees om 'n reg op onderhoud te bewys.
Ons het die proses vir die opstel van Samewoningskontrakte aansienlik vergemaklik - klik op "Doen Aansoek" hierbo en voltooi die kort vraelysie. Sodra ons die verlangde basiese inligting ontvang, stel ons 'n konsepooreenkoms op wat ons per epos aanstuur vir kommentaar. Nadat al die wysigings aangebring is, en u gelukkig met die finale dokument is, word 'n afspraak vir die ondertekening en notariele verlyding van die kontrak gereel. Betaling geskied wanneer ons mekaar vir die ondertekening ontmoet.